Godsdiens / Erediens

16 Nov Maandag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

10 MIN
Download (5.0 MB)
KLAAGLIEDERE 3 Ek hoop op God 1Ek is die man wat ellende belewe het. Die Here het my met sy toorn geslaan. 2Hy het my die donker in gejaag, my laat loop op 'n pad sonder lig. 3Vir my stoot Hy gedurig weg, dag na dag. 4Hy het my hele liggaam laat wegteer, my bene gebreek. 5Hy het my toegebou met 'n muur van gif en ontbering rondom my. 6Hy maak die donker my tuiste, ek is soos dié wat lankal dood is. 7Hy het 'n muur om my gebou, ek kan nie uitkom nie, Hy het vir my swaar bronskettings aangesit. 8Al roep ek en al smeek ek om hulp, Hy weier om my gebed te verhoor. 9Hy het my pad met klip toegebou, vir my geen uitkomplek gelaat nie. 10Hy is soos 'n beer wat my inwag, soos 'n leeu wat my voorlê, 11Hy het my eenkant toe gekeer en verskeur, my vermink laat lê. 12Hy het sy boog gespan en my 'n teiken vir sy pyle gemaak. 13Hy het sy pyle diep in my liggaam ingeskiet. 14Ek word uitgelag deur my hele volk, hulle sing heeldag spotliedjies oor my. 15Hy het my bitter dinge laat sluk, die lewe vir my galbitter gemaak. 16Hy het my gruisklip laat kou, my in die grond getrap. 17Hy het alle rus van my af weggeneem; ek het al vergeet van voorspoed.
AF  SOUTH AFRICA