Rosestad Godsdiens

3 Sep Woensdag Oggenddiens - Ds Johan Marais

10 MIN
Download (4.7 MB)
PSALMS 139 U omsluit my van alle kante 1Vir die koorleier. Van Dawid. 'n Psalm. Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. 2Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. 3Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend. 4Daar is nog nie 'n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees. 5U omsluit my van alle kante, U neem my in besit. 6Dié wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip. 23Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. 24Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!
AF  SOUTH AFRICA