Rosestad Godsdiens

2 Sep Dinsdag Oggenddiens - Ds Johan Marais

9 MIN
Download (4.5 MB)
PSALMS 139 U omsluit my van alle kante 1Vir die koorleier. Van Dawid. 'n Psalm. Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. 2Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. 3Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend. 4Daar is nog nie 'n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees. 5U omsluit my van alle kante, U neem my in besit. 6Dié wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip. 7Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom? 8Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar. 9Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, 10ook daar lei u hand my, hou u regterhand my vas. 11Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek, of die lig rondom my om in nag te verander, 12maar vir U is selfs die duisternis nie donker nie en die nag so lig soos die dag, duisternis so goed soos lig.
AF  SOUTH AFRICA