SFM Allegaartjie van onderhoude

17 Jul Kus tot kruin - 🐾’n Luiperd. ’n Strik. ’n Samelewing wat moet kies. 🐾 17 Julie 2025

14 MIN
Download (6.9 MB)
In Kus tot Kruin vandag die begin van 'n minireeks met episodes wat in jou hart gaan bly lê. Dit begin by ’n pragtige Kaapse Luiperd — simbool van ons wildernis — vasgevang in ’n wrede strik. Ons begin die mini-reeks wat ondersoek hoe mense ons natuur benader: 👣 Die een kyk met gierige oë – sien rande, pels en trofeë. 💔 Die ander sien lewe, pyn, en ’n wese wat voel. 🌿 Die een trap plat wat hy nie verstaan nie. ❤️ Die ander kniel neer met sorg en respek. Ons gesels oor die kontras tussen vernietiging en bewaring, wreedheid en empatie, misbruik en verantwoordelike benutting. 📻 Luister weer: en luister weekliks op 90.1 FM / 104.1 FM of aanlyn en laat jou hart beweeg. Hierdie is nie net ’n storie oor ’n dier nie. Dis ’n spieël wat ons wys wie ons wérklik is. #KusTotKruin #BewaarOnsLuiperds #SFMStreekRadio #LuisterMetJouHart #WildeWysheid #StrikOfSkuiling 🐆💔🌍
AF  SOUTH AFRICA