Rosestad Godsdiens

2 May Vrydag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

13 MIN
JESAJA 11 Die voorspoedige regering van die Messías. 1MAAR daar sal 'n takkie uitspruit uit die stomp van Ísai, en 'n loot uit sy wortels sal vrugte dra; 2en op Hom sal die Gees van die Here rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die Here. 3En Hy het 'n welgevalle aan die vrees van die Here; en Hy sal nie regspreek na wat sy oë sien nie, en nie oordeel na wat sy ore hoor nie; 4maar aan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen en die sagmoediges van die land met billikheid oordeel; maar Hy sal die aarde slaan met die roede van sy mond en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak. 5En geregtigheid sal die gordel van sy lendene en trou die gordel van sy heupe wees.
AF  SOUTH AFRICA