Rosestad Godsdiens

26 Oct Saterdag Oggenddiens - Past Deon Bosch

21 MIN
KOLOSSENSE 3 Vermaning tot heiligmaking en broederlike liefde. 1 AS julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. 2Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. 3Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. 4Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word. 5 Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, 6 waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom, 7waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het. 8Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond. 9 Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het 10en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,
AF  SOUTH AFRICA